17 dae gelede
Cops vang man met vuurwapen
ONWETTIG: Die vuurwapen en ammunisie waarop die polisie beslag gelĂȘ het.  ~ Foto Verskaf

’N MAN sou na verwagting gister in die Baaise landdroshof verskyn het op ’n klag wat verband hou met die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, ’n polisiewoordvoerder, sê Saterdag omstreeks 09:20 was die polisie op die uitkyk vir ’n Volkswagen Polo.

Dit kom nadat hulle inligting ontvang het dat daar moontlik ’n vuurwapen in die motor is.

Deursoek

Volgens haar is die voertuig op die hoek van Harrower- en Kempstonweg in Hollandpark opgelet.

Die polisie het die voertuig van die pad getrek en toe hulle dit deursoek, het hulle op ’n Baby Browning-vuurwapen met ses patrone afgekom.

Volgens Janse van Rensburg kon die verdagte nie ’n lisensie vir die vuurwapen verskaf nie.

Hy is toe in hegtenis geneem op klagte wat verband hou met die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Sy sê eienaarskap van die vuurwapen moet nog vasgestel word.

Volgens Janse van Rensburg is die vuurwapen nie as gesteel aangemeld nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters