4 maande gelede
Cops vang 3 spietkops ná rooftog
Die onwettige vuurwapen  ~ Foto ter Illustrasie

DRIE spietkops is gearresteer omdat hulle by ’n gewapende rooftog betrokke was.

Lede van die polisie se taktiese-reaksie-span in Oos-Londen het Donderdag vier mans naby die Bumbane Junction in Mthatha gearresteer.

Brig. Tembinkosi Kinana, ’n polisiewoordvoerder, sê die beamptes het die verdagtes gevang terwyl hulle ’n lorrie­bestuurder en sy passasier van ’n onbekende bedrag beroof het.

Daar het ’n oor-en-weer-skietery tussen die verdagtes en die polisie gevolg, waarna die vier verdagtes gearresteer is.

Een van die verdagtes is in sy maag gewond.

Hy word tans onder polisiebewaking in ’n plaaslike hospitaal behandel.

Diens

’n Vuurwapen vol patrone is by een van die verdagtes afgevat.

“By nader ondersoek is ontdek dat drie van die verdagtes – onderskeidelik 27, 30 en 34 jaar oud – almal verkeersbeamptes in diens van die Mnquma Munisipaliteit in Butterworth is.

“Die vierde verdagte (32) is self-employed in Butterworth.”

Die geld wat van die vragmotorbestuurder en sy passasier geëis is, is nog nie teruggevind nie.

Die verdagtes sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die polisie-ondersoek is nou oorgeneem deur die eenheid teen georganiseerde misdaad. Suid-Afrikaanse Polisiediens

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters