11 dae gelede
Cops trek ou vas vir meisie se rape
 ~ 

HULLE het eers saam vleis geëet en alkohol gedrink en toe het hy haar na bewering verkrag.

Nou verskyn die 35-jarige verdagte vandag in die Cen­tane-landdroshof vir die beweerde verkragting van ’n 16-jarige meisie.

Kapt. Jackson Manatha, ’n polisiewoordvoerder, sê die verdagte en slagoffer is van die Maxhama-lokasie in die Feni Village, Centane.

Manatha sê: “Die verdagte het die slagoffer na sy bed gesleep en haar na bewering daar verkrag.

“Die victim het Saterdag ontsnap terwyl die verdagte geslaap het.”

Hy is later dieselfde dag in hegtenis geneem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters