14 dae gelede
Cops trek jong skurk vinnig vas
 ~ 

DIE vinnige reaksie deur lede van die polisie in Gelvandale het daartoe gelei dat ’n 17-jarige rower in die besit van ’n gesteelde vuurwapen vasgetrek is.

Die polisie het Vrydag omstreeks 06:15 gereageer op ’n klag dat drie verdagtes mense beroof by Die Stoep in Helenvale.

Nadat die polisie die pad op gery het, het hulle by ’n vrou gekom wat van haar handsak beroof is.

Teruggevind

Die verdagte is gewaar en nadat die polisie langs hom gestop het, het hy weggehol.

Hy is egter gevang en die handsak is teruggevind.

’n Rewolwer wat in Januarie laas jaar in Walmer gesteel is, is ook in sy besit gevind.

Die jong skobbejak is ge­arresteer op aanklag van besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie.

Twee ander klagte van gewapende roof is by die klagstaat gevoeg. Die verdagte verskyn vandag in die hof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters