11 dae gelede
Cops trek bendelid vinnig vas
tjoekie toe: ’n Spotbouer is vir 15 jaar tronk toe gestuur. FOTO verskaf/ ter illustrasie  ~ 

’N LID van die Spotbouer-bende is Maandag tot 15 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis vir poging tot moord en die onwettige besit van ’n vuur­wapen en ammunisie.

Volgens kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, was die 27-jarige slagoffer op 7 Mei 2017 na ’n winkel in Harlequinstraat in Uitbreiding 33 in Bethelsdorp onderweg toe vyf mans hom genader het.

Een van die verdagtes het verskeie skote op die slagoffer gevuur.

Aangehou

Die slagoffer, wat met die Goodfellows-bende verbind word, het skietwonde aan sy bors, rug en hand opgedoen.

Drie dae ná die voorval is die beskuldigde, Sithembile Mofu (20), in hegtenis geneem en aangehou.

Hy is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir poging tot moord, 5 jaar vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en 2 jaar vir die onwettige besit van ammunisie.

Die vonnis vir die onwet­tige besit van ammunisie sal saam met dié van die onwettige besit van ’n vuur­wapen uitgedien word.

Die waarnemende bevelvoerder vir die Mountweg-polisiëringsgebied, brig. Andrew Louw, het die uitstekende pogings van die ondersoekbeampte en die vervolgingspan wat verseker het dat die beskuldigde in aanhouding bly totdat hy gevonnis is, geprys.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters