3 dae gelede
Cops trek 4 vas vir rooftogte
Photo by Bill Oxford on Unsplash
 ~ 

DIE polisie het ’n groot slag geslaan toe vier vermeende rowers vasgetrek en hulle vuurwapens en kontant gekonfiskeer is.

Die arrestasie is onlangs uitgevoer ná ’n intelligensie-gedrewe operasie.

Die bevelvoerder van die polisie se sigbare polisiëringseenheid, lt.kol. Moria Abrahams, lede van die Graaff-Reinet-polisie se misdaadvoorkomingseenheid, honde-eenheid en van die cluster se opera­sionele bevelsentrum was hierby betrokke.

Lof

Die verdagtes het na bewering onlangs rooftogte in Graaff-Reinet gepleeg. Luidens ’n polisieverslag het inligting die cops na die buitewyke van die dorp gelei waar die verdagtes in ’n huis geskuil het.

Die verdagtes (22, 24, 26 en 32) is in hegtenis geneem. Daar is beslag gelê op vyf vuurwapens en kontant.

Brig. Rudolph Adolph, Graaff-Reinet se groepsbevelvoerder, het die lede lof toegeswaai vir hulle flinke optrede wat tot die arrestasies gelei het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters