4 maande gelede
Cops sort hijackers vinnig uit
Kapt. Sandra Janse van Rensburg  ~ Foto Verskaf

MINDER as twee ure nadat ’n kar in die Baai gehijack is, is drie verdagtes gearresteer en die kar teruggevind.

Lede van die polisie se honde-eenheid in Uitenhage het die drie Woensdag 09:24 in Marine-rylaan in Schoenmakerskop in die Baai gemaak.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, ’n polisiewoordvoerder, sê die hijacking van die Toyota Corolla het reeds 07:45 gebeur.

Ysterstaaf

“Die klaer, ’n taxi-bestuurder, het drie mans van 18 tot 23 jaar op die Ou Uitenhage-pad opgetel.

“Terwyl hy bestuur het, het een van die verdagtes ’n vuurwapen uitgetrek.

“Nog een was gewapen met ’n ysterstaaf.

“Toe hulle in die omgewing van Rensburgstraat kom, het hulle die bestuurder gedreig en hom gedwing om die voertuig te stop.

Aangemeld

“Die bestuurder is toe aangerand en uit die kar gedwing, waarna die verdagtes met sy kar weggery het.”

Die klaer het onmiddellik die hijacking by die Bethelsdorp cop shop aangemeld en inligting oor die voertuig is versprei.

Die honde-eenheid van Uitenhage het die inligting opgevolg en die voertuig is in Marine-rylaan gevind.

Die drie verdagtes is toe net daar en dan aangekeer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters