26 dae gelede
Cops soek Uitenhage tref-en-trap driver
 ~ 

DIE polisie op Uitenhage in die Oos-Kaap is opsoek na die bestuurder van 'n wit Ford Bantam-bakkie wie die naweek betrokke was in 'n ongeluk waarin een persoon dood is.

Na bewering het het die bestuurder van 'n ander voertuig iemand langs die pad sien lê, omgedraai en agter die Ford Bantam-bakkie stilgehou.

Volgens kapt. Gerda Swart, 'n polisiewoordvoerder, was daar ook 'n manlike passassier in die bakkie, wie vanaf die toneel weggery het.

Swart voeg by dat die ongeluk Saterdagaand omstreeks 21:30 in Cuyler Manorweg plaasgevind het.

"Daar is later vasgestel dat die voetganger oorlede is, nog voordat mediese hulp opgedaag het."

"Die oorledene is intussen deur sy familie as die 57-jarige Balasele Eric Zono geïdentifiseer."

Swart noem dat die polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag. - AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters