4 dae gelede
Cops soek rowers van B&B
sukses: ’n Verdagte is vas oor drugs. Foto: SAPD  ~ 

'N SOEKTOG is geloods in die Sarah Baartman-distrik in die Oos-Kaap vir gewapende verdagtes.

Dit nadat 'n plaashuis bed en breakfast buite Addo Vrydagaand beroof is.

'n Polisiewoordvoerder, sers. Majola Nkohli, sê vyf gaste het ongeveer 20:35 by die braaiplek gesit.

"Een van die gaste het opgemerk dat daar 'n groep van sowat vyf verdagtes met balaclavas op die grond in hul rigting kruip."

Nkohli voeg by: "Die gas het alarm gemaak en een van die verdagtes het begin skiet en een van die koeëls het 'n slagoffer in die bolyf getref.

"Tydens die deurmekaarspul het 'n twee slagoffer ook klein beserings opgedoen, toe 'n koeël sy bobeen net mis."

Die verdagtes het weggekom met 'n laptop, beursie, handsak en selfoon, voordat hulle vanaf die toneel gevlug het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters