12 dae gelede
Cops soek na dooie baba se ma
kapt. Johan RheederFoto: son  ~ 

DIE polisie in die Baai is dringend op soek na die ma van die drie weke oue baba se oorskot wat verlede maand in ’n veld gevind is.

Kapt. Johan Rheeder, ’n polisiewoordvoerder, sê die lyk van die babaseuntjie is op 22 Junie in ’n bebosde gebied naby Missionweg oorkant die Afrimat quarry gevind.

Help

Luidens inligting wat die polisie bereik het, was die baba se lyk onder ’n blou babakombers toegegooi. ’n Sak nappies is ook naby hom gevind.

Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek begin.

Enige een wat kan help om die baba uit te ken of sy ma op te spoor, kan die Kabegapark-polisiestasie kontak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters