3 maande gelede
Cops soek DJ wat kid ‘ontvoer’
Sinethemba “DJ Snee”SijulaFoto verskaf  ~ 

DIE polisie in die Oos-Kaap soek na ’n DJ wat na bewering sy eie kind van die skool af ontvoer het.

Kapt. Khaya Tonjeni, ’n polisiewoordvoerder, sê Sinethemba “DJ Snee” Sijula (39) het sy seun op 13 Junie ontvoer toe die kind op pad huis toe was van sy skool in Zwelitsha in King William’s Town.

“Ons ondersoekspan het die kind in Gauteng gekry en hom met sy ma herenig.”

Bedank

Tonjeni sê voor die ontvoering het die landdroshof in Zwelitsha ’n bevel gemaak wat hom verbied het om die kind sonder enige reëlings te gaan oplaai.

Hy het dus dié bevel oortree toe hy die kind by die skool gaan haal het.

Daarna het Sijula, wat in Gauteng gewoon het, na bewering sy adres verander en ook uit sy werk bedank.

Tonjeni vra dat enige een met inligting oor waar Sijula hom bevind, die ondersoekbeampte, sers. Sizwe Gaika, bel by 082 384 9179 of 040 658 8459. Hy is van die polisie se eenheid belas met gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksoortredings.

Alle inligting sal as vertroulik gehanteer word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters