10 maande gelede
Cops sê oor feestyd-plan
veiliger: Bheki Cele (links) en genl. Khehla Sitole stel gister die Safer Festive Season 2018-veldtog in Motherwell bekend. Foto’s: theo jeptha  ~ 
aksie: Die polisie in die Oos-Kaap sal gebruik maak van al hulle hulpbronne om skelms die seisoen te vang.

MISDADIGERS moet die feestyd maar liewer by die huis bly, want die polisie gaan nie grappies maak nie.

Winkelsentrums, strande en paaie sal krioel van die cops, wat gaan seker maak dat inwoners en besoekers in die Oos-Kaap veilig is.

Gister het die nasionale polisiekommis-saris, genl. Khehla Sitole, en die minister van polisie, Bheki Cele, die veldtog Safer­ Festive Season­ 2018 bekend gestel in Motherwell in die Baai.

Ander belangrikes wat teenwoordig was, sluit in Bongani Mkongi, adjunkminister van polisie, en Weziwe Tikana, Oos-Kaapse

toneelspel ’n Polisiehond vang ’n “verdagte” wat ’n transito-trok beroof het.

LUR vir vervoer en veiligheid.

Litho Suka, die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, en die burgemeester, Mongameli Bobani, het ook gesig gewys.

Die veldtog is ’n multidissiplinêre een en die polisie gaan nou saamwerk met die provinsiale verkeersdepartement en die metropolisie.

Lt.genl. Fannie Masemola, die nasionale adjunk- polisiekommissaris, sê die tema van die jaar is “Quiet Storm” en dit beteken

gereed: Polisielede op hulle perde gaan dié seisoen ’n ogie hou oor shoppers en strandgangers.

hulle gaan zero tolerance hê vir misdaad. Die veldtog het gister afgeskop en sal voortduur tot in 2019.

Sitole verduidelik daar is ses pilare wat deel vorm van die nasionale operasionale plan.

Dit sluit in verswarende rooftogte en soektogte na verdagtes, asook ’n fokus op vuurwapens, tweedehandse winkels en drankverskaffers.

Weghardloop

Misdade teenoor vroue en kinders sal ook geprioritiseer word. Daar sal met die verskeie Metro’s gewerk word om bylaws toe te

veiliger: Bheki Cele (links) en genl. Khehla Sitole stel gister die Safer Festive Season 2018-veldtog in Motherwell bekend. Foto’s: theo jeptha

pas.

Verkeersreëls sal streng toegepas en die sekuriteit op die grense opgeskerp word.

Cele sê: “Misdadigers sal teruggestoot word sodat vakansiegangers die seisoen kan geniet. Misdadigers moet weghardloop en wegkruip omdat ons hulle nie gaan toelaat om ons suurstof te steel nie.”

Volgens hom gaan die polisie die real stuff dra omdat die misdadigers nie met besemstokke en fairy dust misdaad pleeg nie. Hy het die polisielede aangesê om skerp soos ’n slang en sag soos ’n duif te wees.

Suka het gesê hy waardeer die samewerking tussen die drie sfere van die regering.

Volgens hom is daar hotspots in die Metro, soos KwaZakhele, Gelvandale en Helenvale. Hy sê hulle kan nie misdaad sonder die hulp van die gemeenskappe beveg nie.

Glenn Botha, die provinsiale voorsitter van die Oos-Kaapse gemeenskapspolisiëringsforums (CPF), sê die CPF’s en patrollie-eenhede is gereed vir aksie.

Tikana sê haar departement werk saam met die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Liziwe Ntshinga, om die nasionale operasionrale plan uit te voer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters