13 dae gelede
Cops maak 2 drug busts ná tip-offs
onwettig: Die polisie in Maclear het beslag gelê op verskeie dwelms, waaronder Mandrax-pille.FOTO TER ILLUSTRASIE verskaf  ~ 

DIE polisie in Maclear het die afgelope naweek in twee aparte voorvalle beslag gelê op dwelms.

Kapt. Ursula Roelofse, ’n polisiewoordvoerder, sê die arrestasies is moontlik gemaak deur inligting wat deur die gemeenskap van die Za­khele township aan die polisie deurgegee is.

Handel

Die polisie het ’n 30-jarge verdagte gearresteer vir die besit van verskillende groottes Mandrax-pille en tien straws tik.

  • In die tweede voorval is ’n 37-jarige man gearresteer vir handel in dagga en drugs.

Kol. Matshediso Gezani, clusterbevelvoerder van die polisie, was vol lof vir die arrestasies, wat moontlik gemaak is deur verhoogde polisiesigbaarheid .

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters