Verlede jaar
Cops keer huisroof; ou vas
Kol. Priscilla Naidu  ~ 

’N WAKKER senior polisiebeampte en sy kollega het gisteroggend­ ’n huisroof gestop en ’n arrestasie uitgevoer.

Die voorval het in die Loxley Place townhouse complex in Sherwood gebeur.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê kol. Paul Orange was om 04:30 op pad om te gaan draf toe hy aan die oorkant van die kompleks ’n groep mans sien staan wat verdag voorkom.

Daar was glo ’n stuk of ses mans.

Hy het toe sy kollega, kapt. Rio Kriel, wat ook in die kompleks woon, gebel om hom te kom help.

Orange het vermoed die mans wou inbreek by die huis van ’n ouer dame wat oorkant die kompleks woon.

Waarskuwingskote

Naidu sê teen die tyd dat albei die beamptes op die toneel gekom het, het die mans reeds toegang tot die huis verkry deur die skuifdeur oop te breek.

Albei beamptes het waarskuwingskote afgevuur, waarna­ die verdagtes by die huis uitgehardloop en oor die grensmuur gespring het.

Een verdagte was gewapen met ’n mes en ’n skroewedraaier.

Hy het egter teruggekeer na die huis en ’n scuffle het uitgebreek.

Hy is enkele oomblikke later gearresteer.

Die verdagte se makkers is steeds op vrye voet en ’n saak van huisbraak word ondersoek.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Die 29-jarige verdagte sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters