6 dae gelede
Cops getuig oor mall-rowers
skaal draai: ’n Landdros moet môre hof loop op klagte van afpersing en korrupsie.Foto ter illustrasie: NETWERK24  ~ 

’N COP het gister getuig oor wat hy gesien het op 29 Julie 2016 – die dag waarop die Green­acres Mall beroof is.

Konst. Damian Bennett van die Mountweg-polisie sê hy het op sy afdag vier mans – van wie twee gewapen was met guns – oor Ring Road by Green­acres sien hardloop in die rigting van Varsity College.

Volgens hom het hy toe onmiddellik sy kolonel gekontak en hom vertel wat hy so pas ge-witness het.

Hy sê die guns wat die twee mans in hulle besit gehad het, het na 9 mm-pistole gelyk.

Bennett sê toe hy op die hoek van Kaapweg en CJ Langenhoven-rylaan kom, het hy ’n wit Volkswagen Polo teen ’n hoë spoed in CJ Langenhoven sien af ry.

Volgens Bennett was die driver van die kar so haastig dat die kar amper in ’n ongeluk betrokke was.

Bennett sê kort daarna het hy agter ’n polisievên in Kaapweg stilgehou en ene sers. Plaatjies van die kar vertel.

Skietvoorval

Volgens hom het hy Plaatjies daaroor ingelig omdat hy gedink het daar is dalk ’n connec­tion tussen die ouens wat hy vroeër met die guns sien hardloop het en die Polo wat so jaag.

Hy het verder getuig soortgelyke voertuie word gewoonlik in rooftogte gebruik.

Sers. Christopher Plaatjies het getuig hy was op 29 Julie 2016 besig met patrolliewerk toe hy ’n call gekry het oor ’n skietvoorval by Greenacres.

Volgens Plaatjies het Bennet hom naby Mc­Donald’s in Kaapweg gestop en hom vertel van die Polo wat teen ’n hoë spoed in CJ Langenhoven-rylaan afgery gekom het.

Plaatjies sê hy het toe in daardie rigting gery.

Naby Burt Drive en 2de Laan het hy die Polo verlate aangetref. Volgens hom was daar koeëlgate aan die kattebak.

Hy sê hy het toe onmiddellik ’n broadcast uitgestuur dat uitgekyk moet word vir vyf mense wat in die rigting van Kors­ten hardloop.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters