2 maande gelede
Cops duld nie ontwrigtings
LT.GENL. LIZIWE NTSHINGAFoto: DEON FERREIRA  ~ 

AS DAAR enige ontwrigtings op die spesiale stemdae was, dan het die wetstoepassers vinnig gereageer om verdere ongerief te vermy.

Daarom prys die provin­siale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur die multidissiplinêre spanne vir hulle harde werk.

Maandag en Dinsdag was die dae vir spesiale stemme.

Swanger vroue, mense met gebreke, bejaardes, sieklikes en diegene wat nie gister ’n stemlokaal kon besoek nie, het tóé gestem.

Die Oos-Kaap het die hoogste aantal aansoeke ontvang vir spesiale stemme in die vorm van huisbesoeke.

Hoewel daar sporadiese ontwrigtings was, het die wetstoepassers blitsvinnig gereageer om die beamptes van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) in staat te stel om die stemlokale te open.

Arresteer

Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Liziwe Ntshinga, sê die staat se sekuriteitsagentskappe en die polisie was op high alert om enige onbehoorlike onderbrekings hok te slaan.

“Ons sal nie huiwer om mense wat geweld aanhits, misdaad pleeg of die verkiesingsproses verhinder, te arresteer­ nie.

“Niemand het die reg om ander mense te verhoed om hulle konstitusionele reg uit te oefen om te gaan stem nie,” het Ntshinga gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters