3 maande gelede
Cops bust ou met ‘gun’
 ~ 

DIE polisie in Uitenhage het ’n 27-jarige man gearresteer vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.

Die arrestasie is Vrydag omstreeks­ 13:00 gedoen toe die polisie besig was met roetine-patrollies in Acaciastraat in Kamesh.

Sers. Majola Nkohli, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie het gestop by ’n man wat in die straat geloop het.

“Toe hulle hom deursoek, is ’n ongelisensieerde vuur­wapen en ammunisie in sy besit gevind. Hy is op die plek gearresteer.”

Die 27-jarige verdagte verskyn vandag in die plaaslike landdroshof.

’n Voorlopige ondersoek het gewys dat die vuurwapen reeds sewe maande gelede in Walmer gesteel is.

Brig. Ronald Koll, waarnemende groepbevelvoerder van die polisie in Uitenhage, is vol lof vir die goeie werk van sy beamptes.

“Die speurders is tans besig om die verdagte te profile en die vuurwapen sal gestuur word vir ballistiese toetse.”

Koll sê die polisie daar sal voortgaan met nóg random stop-en-deursoek-operasies om skietvoorvalle in die gebied te stop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters