11 maande gelede
Cops bust ou met 2 ‘guns’
kapt. Andre Beetge Foto: son  ~ 

DIE Baai se cops het ’n 20-jarige gearresteer vir die onwettige besit van twee vuurwapens.

Dít was nadat die Motherwell cluster se operasionale bevel­sentrum inligting opgevolg het oor ’n verdagte met guns.

Kapt. André Beetge, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie het gister omstreeks 03:00 die verdagte se huis in Mkhuzestraat, Zwide, deursoek.

Die verdagte is met ’n .38-rewolwer en vier rondes ammunisie in sy broek betrap.

Ná ’n verdere soektog is ’n 7.65-pistool onder ’n bed gekry. Daar was egter geen ammunisie vir dié pistool nie.

Albei vuurwapens is vir ballistiese en forensiese toetse gestuur oor die serial numbers reeds verwyder is.

Die verdagte verskyn vandag in die New Brighton-hof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters