6 maande gelede
Cop wag verdagte in naby grens
Kol. Priscilla NaiduFOTO verskaf  ~ 

’N VERMEENDE dief wat glo met gesteelde vuurwapens landuit wou vlug, is gearresteer.

Dié guns is in Desember laas jaar tydens ’n huisbraak gesteel.

AO Moitheri Bojabotseha, ’n polisiewoordvoerder, sê tydens ’n intelligensie- gedrewe operasie Sondag is inligting gekry dat die verdagte op pad is na Lesotho.

“Die polisiebeampte het besluit om nie met ’n gemerkte staatsvoertuig te ry nie en het eerder ’n plaaslike boer gevra om hom naby die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho af te laai.

“Die beampte het toe in ’n ou huis langs die grens gewag totdat die verdagte sy verskyning gemaak het.”

Die 25-jarige man is gearresteer en daar is beslag gelê op twee haelgewere, ammunisie, klere en ander toerusting.

Hy word deur klagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in die gesig gestaar en het gister in die distrikshof in Barkly-Oos verskyn. Die polisie se groepbevelvoerder in Elliot, kol. Matshediso Gezani, is in sy noppies met die beampte se vinnige optrede en die plaasgemeenskap se hulp.

“Ons goeie samewerking met plaaslike boere het daartoe gelei dat die oortreder gevang word.”

Shack

Intussen het die polisie in die Baai beslag gelê op drie replika-vuurwapens met ’n magasyn, sowel as ’n tuisgemaakte zip gun met ’n firing pin. Die polisie het ook skerppunt-ammunisie en ’n paar Mandrax-pille gekry.

Die beamptes het gereageer op ’n tip van die gemeenskap oor verdagtes in ’n shack in Missionvale in die Baai wat in besit is van vuurwapens en dwelms.

“Toe die polisie na die shack in Tromstraat gaan, het die verdagtes hulle gesien en na ’n nabygeleë bos gevlug.

“Geen arrestasies is gemaak nie,” sê kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder.

“Speelgoedgewere kan ongelooflik eg lyk en word dikwels gebruik in die pleeg van ernstige misdrywe soos rooftogte.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters