Verlede maand
Cop skuldig aan korrupsie
Khangelani Ngejane (52) is skuldig bevind aan korrupsie.  ~ Foto ter illustrasie: Son

'N VOORMALIGE lid van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid in die Oos-Kaap is Dinsdag in die Mount Frere-landdroshof aan korrupsie skuldig bevind.

Khangelani Ngejane (52) het geld by 'n staatsgetuie geëis deur te beweer 'n moordsaak, waarop sy vrygespreek is, is weer op die hofrol geplaas. Hy het verder beweer hy is aangestel om die saak te ondersoek.

Ngejane het R20 000 gevra om die docket te laat verdwyn. Die getuie het R5 000 betaal en ingestem om die res in paaiemente af te betaal.

Kapt. Yolisa Mgolodela, Valke-woordvoerder, sê nadat die getuie die eerste bedrag betaal het, het sy die saak by die Valke se ondersoekeenheid teen ernstige korrupsie aangemeld.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters