Verlede maand
Cop skiet glo girlfriend ná sy hom betrap
Die cop is gearresteer en sy vuurwapen gekonfiskeer.  ~ Foto ter illustrasie

’N COP van die Oos-Kaapse is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy meisie ses keer geskiet het. 

Die voorval het plaasgevind nadat sy hom na bewering gevang cheat het. 

Volgens Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), is die vrou Sondagoggend doodgeskiet. Sy is op die toneel dood.

Langa sê sy het na bewering na die cop se huis gegaan en hom met ’n ander vrou betrap. Volgens Langa het die cop toe dadelik op die vrou geskiet.

Hy is gearresteer en sy vuurwapen is gekonfiskeer.

Langa voeg by dat die cop geen geskiedenis van gesinsgeweld het nie en dat die polisie steeds inligting oor die slagoffer se identiteit insamel. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters