Verlede maand
Cop se vrou ook vas oor sy moord
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Die vermoorde polisieman se 43-jarige vrou is in verband met sy moord gearresteer.  ~ Unsplash

DIE vrou van 'n vermoorde Oos-Kaapse polisieman is Woensdag in verband met sy moord gearresteer.

Die 43-jarige vrou verskyn vandag saam met vyf ander mense in die Butterworth-landdroshof.

Die vrou se arrestasie kom nadat haar man, AO. Kolile Kulu, op 30 Augustus in sy huis doodgeskiet is terwyl hy gelê en slaap het. Sy dienspistool is tydens die voorval gesteel.

Luidens 'n polisieverklaring het drie mans die dag van die voorval aan die deur geklop. Kulu se vrou het dit na bewering oopgemaak.

Die mans is glo daarna reguit na waar Kulu geslaap waarna hy in sy slaap doodgeskiet is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters