11 dae gelede
‘Cop doen nie job by arrest’
Enzorich Kroates Foto’s: deon ferreira  ~ 

ENZORICH Kroates sê die cop wat hom in hegtenis geneem het, het nie sy regte aan hom voorgelees nie en wat in sy sakboekie geskryf is, is nie aan hom terug­gelees nie.

Hy sê verder dit wat kapt. Rio Kriel op 31 Oktober 2014 neergeskryf het, is nie die waarheid nie.

Só het Kroates se lawyer, adv. Jodene Coertzen, gister namens hom in die Baaise hooggeregshof gesê.

’n Binneverhoor is gehou­ om die toelaatbaarheid te bepaal van wat Kroates ná sy arrestasie aan Kriel gesê het.

Kriel het getuig ene konst. Dietrich het Kroates op dié dag omstreeks 10:45 na sy kantoor gebring. Hy het nie dadelik die onderhoud met Kroates begin nie.

Omstreeks 11:00 het ene lt. Klaasen met Alex Ferreira, ’n art. 204-getuie wat intussen vermoor is, by die kantoor opgedaag.

Volgens Kriel se getuienis het Ferreira vir Kroates in die kantoor gesien.

Omstreeks 11:20 het Klaasen vir Kriel ingelig dat Ferreira vir Kroa­tes uitgewys het as die persoon wat hy in sy verklaring noem oor die moord op Denton Rademeyer op 26 Oktober 2014 in Kakorastraat.

Hy het Kroates daarna in sy kantoor op die aanklag van moord in hegtenis geneem.

Kriel het getuig hy het alles wat in die kantoor gebeur het, in sy sakboek aangeteken.

Hy het geskryf hy het Kroates in hegtenis geneem op aanklag van Rademeyer se moord. Kriel het getuig hy het hom ingelig van sy regte, insluitend sy reg tot regsverteenwoordiging, en dat die staat ’n regsverteenwoordiger gratis sal aanstel as hy nie een kan bekostig nie.

Hy het hom ook gewaarsku dat hy nie verplig is om enigiets te sê of uit te wys nie en dat hy (Kriel) enigiets wat Kroates sê of uitwys. in sy sakboek sal skryf en in ’n strafregtelike saak daaroor sal getuig.

“Ja, meneer,” was Kroates se reaksie op die vraag of hy dit verstaan, wat volgens Kriel ’n aanduiding was dat Kroates verstaan het. Kroates het in die boekie geteken.

Kriel het getuig dat Kroates daarna by die Mountweg-polisieselle aangehou is en dat sy regte ingevolge SAP (14)a ook aan hom voorgelees is.

walter francis
Clement Kogana

In antwoord op Coertzen se kruisondervraging het Kriel gesê hy het nie die vraag oor of Kroates sy regte verstaan, in sy sakboek aangeteken nie.

Hy het voet by stuk gehou dat hy Kroates se regte in “verstaanbare Afrikaans” aan hom voorgelees het.

Kriel het voorts getuig dat Kroates by sy arrestasie sekere goed aan hom gesê het.

Hy het gesê die verklaring is aan hom teruggelees en hy het dit geteken. Volgens sy getuienis in kruisondervraging het hy nie self met Ferreira gepraat nie, maar sy verklaring is ontvang voordat Kroates uitgewys is.

Kroates, die oudpolisieman Walter Francis en Clement Kogana staan tereg vir die Rademeyer-moord.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters