10 dae gelede
Cop afgedank ná rape-klag
'n Polisieman van Kamesh is in die pad gesteek nadat hy na bewering 'n minderjarige meisie verkrag het.  ~ Foto ter illustrasie. André Damons

’N POLISIEMAN van Kamesh in Uitenhage is afgedank nadat die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) hom ondersoek het vir die beweerde verkragting van 'n agtjarige meisie.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die polisieman is verlede jaar in Augustus in hegtenis geneem en is tans uit op borgtog van R5 000.

Die saak is tans voor die Uitenhage-landdroshof. 'n Verhoordatum moet nog vasgestel word.

Naidu sê die polisie verwelkom die afdanking en hoop dit gaan ’n sterk boodskap stuur aan polisiebeamptes dat vroue en kinders se liggame en regte gerespekteer moet word.

Nog 'n polisieman, Nkululeko Shandu (35), 'n speurder in KwaZulu-Natal, is in Oktober verlede jaar op R5 000 borgtog vrygelaat. Hy word daarvan beskuldig dat hy ’n 24-jarige vrou in September in ’n kantoor by die KwaMakhutha-polisiekantoor verkrag het. -SABC News



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters