3 maande gelede
Celebs mal oor PE-meisie se moves
Ivana Campbell
Ivana Campbell skud haar lyfie  ~ skermgreep

'N SUID-AFRIKANERS se dans moves is selfs besig om celebrities te beïndruk.

'n Video waarin Ivana Campbell van Port Elizabeth haar lyfie skud op die Amerikaanse sanger Lizzo se liedjie Juice het viral gegaan.

Dit het die akteurs Will Smith (Fresh Prince of Bel-Air) en Chris Evans (Captain America) se harte gesteel. Hulle het die video met hulle volgelinge gedeel. 

Die sesjarige meisie se video is al 42 000 keer gekyk en het selfs die nuus in Nederland gehaal. Sy het tans 40 000 volgelinge op Facebook.

Portia Appolis, Ivana se ballet-onnie, sê sy is een van daardie kinders wat jy weet eendag 'n star gaan wees.

Appolis beskryf haar as 'n bubbly en pragtige meisie.

Lizzo het self die video gedeel en gespot dat dit "rare footage" van haar as kind is. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters