Verlede maand
Cele waarsku ná geweld in Gqeberha
Bheki Cele  ~ Melinda Stuurman

DIE polisie in die Oos-Kaap gaan alle hulpbronne inspan om diegene op te spoor wat verantwoordelik is vir die afgelope week se onluste.

So het die minister van polisie, Bheki Cele, tydens 'n besoek aan Gqeberha gesê. 

Sy besoek kom nadat verskeie voertuie en eiendomme Woensdag aan die brand gesteek is. Die chaos het onstaan na 'n motorongeluk tussen 'n taxi en 'n kar. Die kar het vermoedelik aan 'n plaaslike sakeman behoort.

Altesaam 12 voertuie, waaronder 8 taxi's, is na die ongeluk aan die brand gesteek. Stalletjies by die taxi rank het ook deurgeloop.

Cele en verskeie ander hoë koppe het Donderdag die gebied besoek.

"Terwyl julle met mekaar onderhandel, sal die polisie nie oor misdaad onderhandel nie." het Cele gewaarsku. - AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters