Verlede jaar
Brug-petisie ‘gou bekyk’
belowe aksie: Tshonono Buyeye, onderburgemeester, ontvang gister die petisie vir die bou van ’n voetgangerbrug in Standfordweg. Regs staan rdl. Marlon Daniels.Foto’s: deon ferreira  ~ 

STAPPE sal gedoen word nadat ’n brandweerbakkie L-Jay Peterson (9) Dinsdagmiddag in Standfordweg in Windvogel doodgery het.

Eergister is ’n spesiale vergadering gehou.

Lede van die skoolbeheerliggaam, rdl. Sandra Fillis, Siyabulela Goboza, adjunkdirekteur van die metropolisie en ouers het bymekaargekom.

Fillis het onderneem om al die nodige mense te kontak nodige sodat ’n brug vir voetgangers oor die pad gebou kan word.

Goboza het gesê hy of lede van die metropolisie sal elke oggend en middag by die voetoorgang staan.

Opgestel

Onnies en leerders van die Primêre Skool Republiek het gister in Standfordweg hande vasgehou en gebid.

Windvogel se inwoners en ouers het op hul beurt ’n petisie opgestel wat eis dat ’n brug gebou word sodat kinders daaroor kan loop eerder as oor die pad.

Die onderburgemeester, Tshonono Buyeye, het die petisie gister ontvang en die skare toegespreek.

“Ons is bly julle protest op ’n vreedsame manier. Die mayor (Mongameli Bobani) het gesê hy gaan die gesin binne twee dae besoek.

“Ons sal seker maak die petisie kry vinnig aandag. Ons sal binne 14 dae vir julle ’n antwoord hê.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters