9 dae gelede
Broer, suster vas oor gesteelde goedere
Photo by Bill Oxford on Unsplash
'n Broer en suster is toegekap vir die besit van gesteelde goedere.  ~ Foto ter illustrasie

'N BROER en suster is Dinsdag in Port Elizabeth in hegtenis geneem nadat hulle in besit van gesteelde goedere gevind is.

Die goedere ter waarde van R30 000 is tydens 'n kaping gesteel. 

Volgens die polisie het twee slagoffers voorrad buite hul winkel afgelaai toe twee gewapende mans hulle nader.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het  op die twee mans losgebrand, die sleutels gevat en gevlug.

Naidu sê die voertuig is later sonder die voorrad verlate in KwaZakhele gevind. 

Speurders van KwaZakhele en die teenbende-eenheid het inligting opgevolg dat die goedere in 'n nabygeleë huis was. Hulle het die huis deursoek en kruideniersware in die slaapkamer gevind. Die broer en suster is toe in hegtenis geneem.

Die twee verdagtes wat die kaping uitgevoer het, word nog gesoek. - Algoa FM


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters