2 maande gelede
Broer se lyk 2 se geskenk
dood: Polisielede ondersoek die toneel waar Ray-Theo Valentine gister­oggend vermoor is.  ~ 

DIT was haar ma en dogtertjie se verjaardag, maar in plaas van geskenke kry hulle toe haar broer se lyk.

Ray-Theo Valentine (24) se lyk is Maandag op 'n oop veld naby ’n voetpaadjie in Marsstraat in Barcelona in die Baai se Nor­th­erns gevind.

Hy het verskeie skietwonde gehad en is glo op die toneel dood.

Gerugte wil hê dat hy hom by sy pa se huis gaan was het toe hy die skieters raakgeloop het.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, kon dit nie bevestig nie.

“Die omstandighede rondom sy dood is nog onbekend. Daar word vermoed Ray-Theo Valen­tine was verbonde aan ’n bende.

“Die provinsiale bende-eenheid ondersoek nou ’n saak van moord.”

HARTSEER: Kelly Valentine (middel) word gister op die toneel deur Roderick Seigels (links), haar oom, en ’n polisielid ondersteun.

Son se snitch beweer hy was ’n lid van die Tra Squad.

Kelly (29), Ray-Theo se ouer suster, ontken dit.

“Nee, hy was nie ’n bendelid nie. Hy het net saamgeloop.”

Sy vermoed jaloesie is die oorsaak van die moord.

“Ek weet regtig nie hoekom nie, maar hulle jag hom al van Sondagoggend af.

“Dit was ’n verskriklike paar dae vir ons.”

Wat dinge nou nog erger maak vir Kelly is dat haar broer gister op haar ma, René Caroline (58), en dogter Anthea (7) se verjaardag vermoor is.

“Dit is niks lekker nie. Dit gaan nooit weer ’n gelukkige dag wees nie.

“Ons gaan nou altyd remind word aan wat vandag (gister) hier gebeur het.”

GEBROKE: Kelly Valentine (regs) gee Beranice Valentine, haar tannie, ’n drukkie op die toneel. Foto’s: DEON FERREIRA

Boonop kan Kelly nie haar ma troos nie.

“My ma is nie eens by die huis nie. Sy is op ’n slegte plek. Sy is in die gevangenis.

“Sy gaan in Oktober huis toe kom en my broer het so daarna uitgesien dat sy weer by die huis gaan wees. Hy was haar baba.”

Tog is Kelly dankbaar haar ma het nie haar broer op die toneel gesien nie.

“Ek was daar. Dit was niks lekker nie. Dis nie iets wat ’n mens iemand anders toewens nie. Dit was nie iets moois nie.

“Dit het gelyk soos ’n dier wat daar lê.

“Dis ’n ander ding as jy van ’n God-siekte afsterwe.”

Die begrafnisreëlings is nog nie getref nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters