6 maande gelede
Brawe girl wys
hofsaak: ’n Man is voor vir twee klagte van verkragting.FOTO verskaf  ~ 

’N JONG man het gister vlugtig in die Baaise hooggeregshof verskyn nadat hy na bewering ’n negejarige meisie verkrag het.

Die beskuldigde is Rid­waan Windvogel (23) van Jeffreysbaai.

Hy staan tereg op twee aanklagte van verkragting en ’n aanklag van roof.

Luidens die klagstaat is die meisie op 1 Januarie vanjaar – die dag van die voorval – gestuur om haar ma se selfoon by ’n ander familielid se huis te gaan haal.

Nadat die meisie die selfoon collect het, was sy op pad terug na haar ma.

Dis tóé dat sy die beskuldigde raakgeloop het.

Die beskuldigde het die selfoon by haar gevat en haar aan die arm gegryp. Hy het haar gesê sy moet saam met hom gaan.

Die staat voer verder aan hy het die meisie gedwing tot by ’n beboste area.

Hier het hy haar beveel om haar klere uit te trek en haar toe verkrag.

Ridwaan WindvogelFoto: Theo Jeptha

Luidens die klagstaat het die beskuldigde hy sy klere aangetrek nadat hy klaargemaak het.

Hy het die jong klaagster aangesê om nie die voorval aan te meld nie, haar net daar gelos en met die selfoon weggestap.

Die meisie het haar broek opgetrek, onmiddellik gehardloop na die huis waar haar ma was en haar vertel wat met haar gebeur het.

Uitgewys

Die ma het ander familielede van die voorval ingelig, waarna hulle die beskuldigde by sy huis gaan soek het.

Hy was nie tuis nie,maar op pad na die polisie­stasie het die meisie die beskuldigde raakgesien en hom uitgewys.

Die beskuldigde is toe aangekeer en na die polisiekantoor geneem.

Luidens die klagstaat word die beskuldigde deur middel van DNS bo enige twyfel met die misdaad verbind.

Altesame 13 name is op die lys van staatsgetuies.

Windvogel se lawyer, Johan van der Spuy, van die Regshulpraad, het gister aangedui hy gaan hom aan die saak onttrek.

Hy het gesê Windvogel se nuwe lawyer sal Vrydag met hom konsulteer.

Die saak is tot Maandag uitgestel vir verhoor.

Adv. Mujaahid Sanden kla aan.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters