11 maande gelede
Brand eis vierjarige twins, ma
Kapt. Gerda Swart Foto: Argief  ~ 

COPS in Uitenhage het ’n dossier vir ’n nadoodse ondersoek geopen nadat­ drie gesinslede doodgebrand het.

Tweelingseuns was onder die slagoffers wat gisteroggend skuins voor vyfuur in hul plakkershut oorlede is.

Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê die gesin het in ’n plakkershuisie aan die agterkant van ’n hoofhuis in 24ste Laan in Kamesh gewoon.

Oorleef

Hulle het geslaap toe die struktuur aan die brand geraak het.

Toe die polisie en brandweer by die toneel opdaag, was die huisie reeds in vlamme gehul.

Die oorledenes is geïdentifiseer as die 35­jarige Vuyokazi Klaas en haar vierjarige tweelingseuns, Abongile en Bo­nginkosi.

Die tweeling se 42­jarige pa is die enigste een wat die brand oorleef het. Hy is na ’n plaaslike hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die oorsaak van die brand is in dié stadium nog onbekend. Die voorval word ondersoek.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters