6 dae gelede
Brand eis DKD-hoë se vrou, twee kids
son
John Msimango se vrou en twee van sy kinders is in die brand dood.  ~ Foto Verskaf

'N SENIOR amptenaar van die departement van korrektiewe dienste (DKD) in die Oos-Kaap veg om sy lewe in die hospitaal nadat hy 'n brand oorleef het waarin sy vrou en twee kinders dood is.

John Msimango, 'n area-kommissaris, en sy jongste kind, het die brand in hul huis op die Wellington-gevangenis in Mthatha oorleef. Hulle het deur 'n venster ontsnap. Die dogter is tans in 'n kritieke toestand.

Brig. Thembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê die twee het ernstige brandwonde opgedoen en ontvang tans mediese hulp.

Singabakho Nxumalo, DKD-woordvoerder, sê brand het Dinsdagaand by die kommissaris se huis uitgebreek.

"Die brandweer het wel gereageer om die brand te blus, maar ongelukkig het die drie (tussen 17 en 51 jaar oud) reeds gesterf," sê Nxumalo.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters