12 dae gelede
Bobani altyd bereid om te help - Holomisa
UDM-leier Bantu Holomisa
UDM-leier Bantu Holomisa  ~ verskaf

DiIE voormalige burgemeester van Nelson Mandelabaai,  Mongameli Bobani, is Vrydag in Port Elizabeth ter ruste gelê. 

Hy is verlede week aan Covid-19 dood. Bobani was vir drie weke in die St. George-hospitaal.  

 Bobani se begrafnisdiens is in die Feather Market Centre gehou.   

Bantu Holomisa, die leier van die United Democratic Movement (UDM), het rouklaers toegespreek en gesê ondanks die Covid-19-pandemie was Bobani altyd daartoe verbind om mense te help.   

"Ons praat oor 'n leier wat plesier daaruit geput het om mense te help. Selfs die manier waarop hy Covid-19 opgedoen het, is 'n getuienis van sy begeerte om te help, want hy was besig om op grondvlak met diensleweringskwessies te help," sê Holomisa.   

Volgens Holomisa het Bobani vir byna 17 jaar as raadslid in die Nelson Mandelabaai-metro gedien.   

"Hy het eerlikwaar nie omgegee waar die inwoners van hierdie munisipaliteit woon nie. Of dit nou 'n wyk van die ANC of DA was, hy sou aan die werk spring,” sê hy.

 Bobani het in die burgemeesterskomitee gedien wat oor die infrastruktuur- en ingenieursafdeling toesig hou.   

Misbruik

Intussen word beweer dat Bobani sy posise in die Nelson Mandelabaai-metro misbruik het om besluitneming in beweerde verdagte verkrygingsprosesse te beïnvloed.   

Nege mense het Vrydag hier in die hof verskyn op aanklagte van bedrog, geldwassery, korrupsie en oortredings van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur.   

Dit hou verband met tenderkorrupsie ter waarde van ongeveer R73 miljoen.   - EWN




Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters