13 dae gelede
‘Boetie-boetie moet end kry’
Pieter Hermaans  ~ 

DIE bende genaamd Boeties Wat Rus kry al die werk in Helenvale in die Baai en die ander inwoners like dit niks.

Dis volgens betogers wat Standfordweg gister toegemaak en tyres gebrand het.

Hulle sê ook die raadslid van wyk 13, Pieter Hermaans, is bang vir dié bende. Dis hoekom hy, volgens hulle, die werk vir die Boeties gee.

Belowe

Die werk behels die regmaak van slaggate in die paaie van Katanga. Dié projek het sowat drie weke gelede begin.

“Vir ses maande belowe hulle: Elke Maandag gaan ons tools kry en begin werk. Maar as ons daar opdaag, dan sien ons die gangsters wat die potholes fix,” het ’n 29-jarige man gister aan Son gesê.

“Ons is self bang vir hulle, want hulle rob en breek in en loop rond met messe en gunne.”

Nog ’n man (26) sê hulle staan elke Maandag ewe excited op om te begin werk, maar dan kom hulle agter dis net leë beloftes.

“Ek het twee kinders om voor te sorg en ek is die enigste broodwinner in die huis.

“Ons almal het matriek, maar ons kry nie werk nie.

“Ons wil werk, maar ons maag bewe as ons hulle (die gangsters) sien.”

  • as inwoners werk het, sal daar nie so baie betogings wees nie en die plek sal ook nie so deurmekaar wees nie.

Sy het gesê haar man is op pension en dis tans die enigste geld wat hulle maandeliks inkry.

“Ons het twee maande laas die raadslid gesien. Ons bel hom, maar dan antwoord hy nie. Ons wil ’n ander councillor hê, want hy doen niks vir die community nie.”

Hermaans het gesê hy is bang vir niemand nie en hy sal aanhou met sy werk in die gemeenskap.

“Dis ’n sekere groep wat betoog. Maar hulle het hierdie jaar en verlede jaar werk gekry om die slope langs Standfordweg skoon te maak.

“Nou raak hulle ongelukkig as die werk na ander plekke skuif. Ons het 87 mense werk gegee.

“Dit is nie reg dat jy brand en jou eie infrastruktuur beskadig omdat jy ongelukkig is nie. Ons moet ’n society bou wat omgee en nie afbreek nie.”

Nonsens

Volgens Hermaans sou die werk Maandag begin het, maar dit het toe gereën. Hulle werk nou die logistics van die projek uit en dan sal dit voortgaan.

Hermaans het bygevoeg die bewerings oor sy vrees vir die Boeties is absoluut nonsens.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters