12 dae gelede
Boer dood ná hy moor
Die polisie het die naweek 'n boer doodgeskiet wat sy vriend vermoor het.  ~ Foto ter Illustrasie: André Damons

’N MAN in die Oos-Kaap wat na bewering sy vriend doodgemaak het en sy kinders hostage gehou het op ’n plaas, is in die naweek deur die polisie doodgeskiet.

Fritz “Majeke” Joubert (45), ’n boer, en sy vriend Anele Hoyana (40), ’n toordokter, het vermoedelik Saterdag ’n uitval gehad op die plaas Geluksdal by Gonubie.

Kapt. Hazel Mqala, polisiewoordvoerder, sê die toordokter en sy familie het tydelik op die plaas gebly met toestemming van Joubert.

Vuiste

Daar was blykbaar ’n tradisionele seremonie aan die gang.

Die uitval tussen die twee het fisiek geraak en Joubert het toe vir Hoyana met die vuiste bygekom en met ’n geweerkolf oor sy kop geslaan.

Hoyana het ernstige kopbeserings opgedoen en gesterf. Joubert het toe Hoyana se seuns – van twee weke oud en twee jaar oud – gevat en toegesluit in die badkamer. The Citizen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters