2 maande gelede
Boef wond antie (73) in been
'n Vrou (73) is tydens 'n poging tot inbraak in die Oos-Kaap in die been geskiet.  ~ 

’N VERMEENDE inbreker het ’n 73-jarige vrou Saterdag in Gqeberha in haar been geskiet terwyl hy probeer het om by haar huis in Fernglen in te kom. 

Volgens News24 het die vrou wakker geword van ’n geluid uit haar kombuis. Sy het toe gaan ondersoek instel.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, ’n polisiewoordvoerder, sê die vrou het opgemerk ’n onbekende man het die agterdeur oopgedwing, maar hy kon nie toegang verkry nie want sy het ’n traliehek aan die binnekant.

Hy het haar met ’n vuurwapen gedreig om die deur oop te maak, waarna hy ’n skoot afgevuur en haar gewond het.

Die skurk het toe gevlug sonder om toegang te verkry. Janse van Rensburg sê die slagoffer het daarin geslaag om die paniekknoppie te druk.

Sy is toe hospitaal toe geneem vir behandeling. Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot huisroof en poging tot moord.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters