15 dae gelede
Bobani wil DA in hof beveg
ernstig: Die nuwe burgemeester, Mongameli Bobani (middel), praat gister op ’n nuuskonferensie. Links is die onderburgemeester, Tshonono Buyeye, en regs die hoofsweep, Bicks Ndoni.Foto: DEON FERREIRA  ~ 

DIE nuwe mayor van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, Mongameli Bobani, bevestig hy gaan die DA-koalisie se hofaansoek teenstaan.

Dié aksie volg nadat die DA-koalisie verlede week ’n hofaansoek ingedien het om die voortsetting van die raadsvergadering verlede Maandag ongeldig te laat verklaar.

Dié saak sal dan Donderdag 13 September aangehoor word.

Op dié raadsvergadering het lede van die opposisie volgens die DA onwettig voortgegaan met die ver­gadering, waarop daar ’n nuwe burgemeester, speaker en onderburgemeester gekies is.

Dit beteken nou die ANC-koalisie is op die oomblik met die UDM, EFF en AIC aan die stuur van sake.

  • die speaker, Buyelwa Mafayi (ANC), die hoofsweep, Bicks Ndoni (ANC), die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, Andile Lungisa (ANC), en die burgemeesterskomiteelid vir begrotings en tesourie, Mkhuseli Mtsila (UF), met die media gepraat.

Bobani het gesê: “As die nuwe munisipale leierskorps verstaan ons dit was ’n wettige vergadering. Die DA se affidavit is ’n wenslys en is gebaseer op gossip.

“Gebaseer op regsadvies gaan ons nie verder daarop kommentaar lewer nie.”

Son verneem Bobani wil Johann Mettler, die huidige stadsbestuurder, uit die stoel hê.

Ndoni het laat weet hulle sal op die volgende raadsvergadering met Mettler deal­, maar als binne die wet.

Bobani-hulle het gister ook nie ontken dat die afgedankte Roland Williams weer vir die Nelson Mandela-munisipaliteit sal kom werk nie.

Bobani het gesê hulle het verskeie klagtes van die inwoners oor die munisipale rekeningstelsel ontvang.

“Dis onder ons aandag gebring dat daar talle inkonsekwenthede bestaan in die rekeningsisteem. Ingryping is duidelik nodig.

“Die leierskorps het senior personeellede in die direktoraat van begroting en tesourie aangesê om ’n omvattende oudit te onderneem en om regstellende stappe te doen.

“Ons het gesien heraansluitingstariewe vir water en elektrisiteit is ’n groot las vir inwoners, veral die arm, kwesbare lede van die gemeenskap,” aldus Bobani.

Hy voeg by die Metro se kredietbeheerbeleid, wat dié bogenoemde tariewe insluit, sal “hersien word en deur die raad gekanaliseer word”.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters