2 maande gelede
Bloue vas vir verkragting
Die polisieman is op kantoor in hegtenis geneem.  ~ Foto ter illustrasie

'N COP van die Oos-Kaap is vandeesweek deur sy eie kollegas op 'n klag van verkragting in hegtenis geneem. 

Die 51-jarige adjudant-offisier het na bewering 'n 21-jarige vrou in Zwelitsha verkrag.

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê volgens verslae het die vrou vanaf Qonce (voorheen King Williams Town) na Breidbach geryloop toe die cop haar 'n lift gegee het. 

Hy het na bewering die vrou verkrag en haar agterna op 'n hele ander plek afgelaai.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters