Verlede maand
Bloed vloei erg
Nadine January FOTO’S VERSKAF  ~ 

VYF mense, onder wie twee vroue, is die naweek in afsonderlike voorvalle in die Baai vermoor.

In een van die voorvalle is ’n couple Vrydagaand in hulle huis in Brassstraat in Bloemendal afgemaai.

Die slagoffers was Nadine January (32) en Clint Matthews (ouderdom onbekend).

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê January en Matthews het agter in die huis geslaap toe gunshots skielik afgegaan het.

Vloer

Volgens Naidu het niemand uit hulle huise gekom nie weens die slegte weer.

January se lyk is die next oggend aangetref waar dit op die shack se vloer gelê het.

Matthews se lyk is in die bure se yard aangetref.

Volgens Naidu het albei skietwonde gehad.

Sy sê die motief vir die moorde is in dié stadium onbekend.

In nog ’n voorval veg ’n man om sy lewe nadat hy try selfmoord pleeg het kort nadat hy na bewering sy vriendin doodgelem het.

Naidu sê Saterdag omstreeks 03:00 het die polisie in Nimrodstraat, Uitbreiding 29, afgekom op die lyk van Elize Meyer.

Haar lyk was in ’n kar. Sy het ’n steekwond in die nek gehad.

Naidu sê Meyer se vriend het haar na bewering gesteek terwyl hulle in die kar gery het.

Volgens haar het die boy­friend toe hulle al twee se polse met dieselfde mes try sny. Sy het bygevoeg hy is in ’n kritieke toestand in die hospitaal.

Volgens Naidu moet die motief vir die dodelike steekwond nog vasgestel word.

Die cops in Bethelsdorp ondersoek ’n moordsaak.

In nog ’n voorval is die polisie Vrydagnag na Esterhuizenstraat uitgeroep.

Naidu sê toe die cops daar aankom, het hulle in die straat afgekom op die lyk van Geraldo Arnoldus (33).

Hy het veelvuldige skietwonde in die bolyf en gesig gehad.

Naidu sê die omstandighede rondom die skietvoorval is nog onbekend.

Volgens haar het Arnoldus glo kort voor die voorval kontant by ’n nabygeleë OTM gaan onttrek.

Sy sê net sy bankkaart is in sy besit gevind en hy het geen geld by hom gehad nie.

’n Moorddossier is aangelê.

In ’n ander voorval is die lyk van Ashton Barnes (25) in ’n stegie tussen Avalon Crescent en Van Duurenstraat in Helenvale aangetref.

Barnes, van Zimdahlstraat, het veelvuldige skietwonde gehad.

Niemand is nog in verband met dié voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek ’n moordsaak.

Intussen ondersoek die provinsiale bendetaakspan drie sake van poging tot moord ná ’n skietvoorval Vrydagmiddag in Schauderville.

Volgens Naidu het die skietvoorval gebeur toe drie mans van 81, 26 en 21 jaar oud omstreeks 17:40 in Glendenningstraat geloop het.

Sy sê terwyl hulle verby die spaza gestap het, het drie mans uit die bloute op hulle losgebrand.

Die drie mans op wie geskiet is, is ongedeerd.

Naidu sê die motief is bendeverwant.

In nog ’n voorval is ’n 64-jarige man Vrydag aangetref met skietwonde in sy regterwang en -oor.

Naidu sê Vrydag omstreeks 18:30 was die polisie op ’n scene in Nkosanastraat in Greenfields toe hulle op die gewonde man afgekom het.

Outoppie

Sy verduidelik drie mans het na bewering die man genader terwyl hy vanaf die spaza op pad huis toe was.

Volgens Naidu het een van die mans ’n vuurwapen uitgepluk en op die outoppie losgebrand.

Naidu sê die verdagtes en die motief vir die skietvoorval is in dié stadium onbekend.

Die bendetaakspan ondersoek ’n saak van poging tot moord.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters