8 maande gelede
Bingo loop deur onder rowers
gebuit: ’n Bingo is beroof van duisende rande.Foto: ter illustrasie  ~ 

DIE polisie in die Baai ondersoek ’n saak van sakeroof.

Dít is nadat die Galaxy Bingo in die Baaise sentrum Moffett on Main beroof is. Dit is onbekend presies hoeveel geld daar gesteel is, maar Son verneem dit was duisende rande.

’n Groep rowers het Woensdagoggend op Galaxy Bingo toegeslaan en ná die rooftog in twee voertuie van die toneel gevlug.

Die polisie het bevestig geen skote is afgevuur nie en niemand is beseer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters