2 maande gelede
Biker sterf in Malabar crash
Accident
'n Biker is in 'n ongeluk in Gqeberha dood.  ~ 

DIE polisie in Gqeberha ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat ’n motorfietsryer in ’n ongeluk naby Malabar dood is.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die ongeluk het vroeg Saterdagoggend op die pad tussen Westering en Malabar gebeur.

Janse van Rensburg sê twee motorfietsryers het in die rigting van Malabar gery. Die cops vermoed die bikes het moontlik aan mekaar geraak terwyl die een die ander verbygesteek het.

Die een biker, op ’n Kawasaki, is op slag dood toe hy beheer verloor en geval het. Die ander motorfiets het teen ’n aankomende motor gebots. Die polisie maak nie melding van wat van die tweede biker geword het nie, maar sê die bestuurder en passasier in die motor het ligte beserings opgedoen.

Die naam van die slagoffer is ook nog nie bekend gemaak nie. – Algoa FM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters