2 maande gelede
Biker en koei dood in crash
sers. majola nkohli  ~ 

DIE polisie in Kirkwood ondersoek ’n saak van strafbare manslag en dronkbestuur ná ’n pad­ongeluk Saterdagaand.

Sers. Majola Nkohli, ’n polisiewoordvoerder, sê die ongeluk het omstreeks 19:00 op die R336 naby die Sunday’s River Citrus Company (SRCC) gebeur.

“ ’n Beige Isuzu-bakkie het teen ’n koei gebots, waarna dit ’n motorfiets­ryer gestamp het.

“Die motorfietsryer, Felix Meiring (17), is op die toneel oorlede. Die koei het ook daar gevrek.”

Die drywer (27) is op die toneel gearresteer. Hy verskyn môre in die Kirkwood-landdroshof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters