3 maande gelede
Bevin gaan van krag tot krag

VANJAAR is dit vier jaar gelede dat ons eie PE-klong – Bevin Samuels – die Baai terug op die music map gesit het toe hy die land bekoor het met sy sangtalent in Idols SA.

Maar ná die Idols hype het Bevin (22) van Gelvandale – wat dit tot in die top-ses gemaak het – nie op sy louere gerus nie.

Die eintlike harde werk het toe eers begin.

Sy gesig helder op terwyl hy Son vertel van sy Idols-dae.

Volgens hom was die top-10 soos ’n familie. Hy sê season 12 was die beste.

“Dit was meer as net ’n kompetisie. Ons was soos ’n familie.

Groep

“As die een uitval, dan was almal emotional.”

Hy vertel verder hoe hy en sy mededeelnemers Terra Cox en Keegan Martin die groep 156 gevorm het terwyl hulle nog besig was met die show.

Volgens hom het die groep vir Terra daarna space gegee om op sy solo-loopbaan te fokus toe hy sy eerste single uitgebring het.

Hy sê dis toe dat Loyiso Gijana die groep join.

Volgens Bevin is hy, Terra en Keegan nog baie close en is hulle nog in kontak.

Bevin sê ná Idols het dit net goed gegaan met hulle. Hulle het sold out shows gehad by onder meer die Amfi­teater by die Board­walk en die Boardwalk ICC.

Bevin sê omdat hulle baie individuele bookings gekry het, het dit soms geclash met die groep se bookings.

Volgens hom bestaan die groep nog, maar het hy in 2017 begin om sy eie musiek te skryf. Sy eerste single is “Mrs. Perfect”.

Hy sê kort ná die single se launch het hy ’n kontrak geteken met die record label San Entertainment. Dit was nie lank nie, toe release hy sy eerste album, Mixed Emotions, in Mei 2018.

Volgens Bevin het hy 20 songs vir die album opgeneem, maar net 10 is record. Hy’t boonop die songs self geskryf, behalwe vir “Must Be Love”, wat geskryf is deur ’n producer van Zimbabwe wat saam met Danny K gewerk het.

Hierdie jong man is reeds met twee toekennings gehuldig – die Northern Areas Artist of the Year Award en die Best Male Vocalist Award.

Hy sê toe hy dié awards wen, het hy gevoel die mense het hom darem nie vergeet nie.

Volgens hom is hy besig met sy nuwe album, wat in 2021 die lig sal sien.

Volgens Bevin stop mense hom nou nog vir ’n foto oral waar hy gaan. “Ek likes dit, want ek is tussen my mense.”

Bevin sê eintlik is hy ’n introvert, maar hy het geleer om oop te maak. Hy sê aan die begin was dit iets nuuts om aan te leer.

Hy meen hy is vandag almal se kind. Bevin sê hy maak nog gereeld ’n draai in Gelvandale. Hy doen ook gereeld motiveringspraatjies by skole.

En, ja, girls, daar is iemand spesiaals in Bevin se lewe.

Haar naam is Nicole la Reservee (22) – ’n onderwysstudent in haar finale jaar.

Volgens Bevin is hy en Nicole nou al amper ’n jaar ’n item.

Hy kan nie uitgepraat raak oor haar nie en sê sy is supportive sedert dag 1 .

Volgens Bevin het Nicole die Build a Princess Foundation begin. Hierdie stigting het ten doel om hulp te verleen aan meisies wat nie hulle matriek-afskeid kan afford nie. Bevin sê hy help Nicole ook daarmee.

Om te ontspan, sê Bevin, doen hy gereeld navorsing oor enige iets wat hom interesseer en hy hou van walks op die beach.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters