10 dae gelede
Betogers mor kwaai
skroei: Dié VW Golf 7 is deur betogers op die Ou Uitenhage-pad in die Baai uitgebrand. Foto: deon ferreira  ~ 

GISTER het die vonke gespat op ’n Baaise hoofpad oor die inwoners ongelukkig is oor dienslewering.

Volgens kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, handel dit na bewering oor behuisingskwessies.

Vroeg gisteroggend het betogers van Khayamnandi by Despatch al begin woel en blykbaar karre met klippe bestook. Hulle het selfs so ver gegaan as om ’n fancy Golf 7 uit te brand.

Die kar is langs die Ou Uitenhage-pad uitgebrand.

“ ’n Paneelwa is na bewering gestop deur betogers en die insittendes het uitgespring.

“Daar word verder beweer dat van die betogers ’n kragopwekker uit die paneelwa gesteel en toe die voertuig aan die brand gesteek het,” sê Swart.

Volgens Swart ondersoek die Despatch-polisie sake van diefstal en opsetlike saakbeskadiging.

Monitor

Kapt. Johan Rheeder, ook ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat Bethelsdorp se polisie gisteroggend minstens vier arrestasies vir openbare geweld gemaak het.

Hy het bygevoeg dat die eenheid vir openbare orde (Pops) die situasie monitor.

By Son se aankoms op die toneel was daar egter geen betogers in sig nie, maar slegs Nyalas wat die paaie gepatrolleer het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters