4 dae gelede
Beskuldigde ontken alles
Sibongiseni sotomelaFoto‚Äôs: theo jeptha  ~ 

TOE sy vermoorde girlfriend se suster in die kombuis kom, toe sien sy hom met die bloedbevlekte mes in sy hand staan.

Hy het na haar (die suster) gekyk asof absoluut niks gebeur het nie.

Adv. Xolile Bodlo het dié getuienis van ’n staatsgetuie gister aan ’n vermeende kill­er voorgehou wat na be­wering sy meisie vermoor het.

Steek

Sibongiseni Sotomela (32) van Greenfields in Bethelsdorp staan tereg op klagte van moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer, intimidasie en huisbraak met die opset om te moor.

Die staat beweer hy het op 11 November 2017 sy girlfriend, Vivian Seloane (28), vermoor deur haar met ’n mes in die nek te steek.

Sotomela het gister die getuienis van ’n staatsgetuie – die oorledene se suster – ten sterkste ontken.

Hy ontken hy het op 11 November 2017 met ’n mes in sy hand Seloane se ouerhuis se voordeur oopgestoot op soek na haar.

Sotomela ontken voorts die mes wat hy in sy hand sou gehad het, was 24 cm lank en dat die handvatsel nie sigbaar was nie.

Hy ontken hy het die staatsgetuie – die suster van die oorledene – weggestoot en die kamer ge-enterwaar Seloane weggekruip het.

Sotomela sê dit is nie so dat hy die betrokke kamerdeur toegestoot het sodat niemand anders toegang kon kry nie.

Bodlo – wat Sotomela herinner het aan die oorledene se suster se getuienis – het voorts aan Sotomela gesê sy (die suster) het ’n commo­tion in die kamer gehoor en haar suster hoor gil.

Sotomela ontken die oorledene se suster het hom later in die kombuis met ’n bloedbevlekte mes aangetref.

Volgens Sotomela het hy die dag van die moord heeldag alkohol gedrink en selfs in ’n stadium uitgepass.

Hy sê tussen 13:00 en 14:00, kort voor sy girlfriend vermoor is, het hy haar die eerste keer ná 26 Oktober 2016, toe hulle gestry het, gebel.

“Ek het haar gebel omdat ek in daardie stadium aan haar gedink het. Ek wou by haar hoor of ek met my lewe kan voortgaan,” verduidelik hy.

Volgens Sotomela het sy girlfriend die phone call gedrop en toe hy weer bel, het sy nie geantwoord nie.

Hy sê hy het die volgende dag by sy ma verneem sy girlfriend is vermoor.

Volgens hom het hy later by die gemeenskap gaan uitvind presies wat gebeur het.

Sotomela sê hy moes seker eerste na die oorledene se ouerhuis gegaan het.

Hierop sê die staatsaanklaer in die saak, adv. Velile Makasana, aan Sotomela die rede hoekom hy nie eers na sy girlfriend se ouerhuis gegaan het nie, is omdat hy geweet het sy is dood en dat hy (Sotomela) haar vermoor het.

Volgens Sotomela kon hy ná sy inhegtenisneming nie na sy girlfriend se begrafnis gaan nie weens sy borgtogvoorwaardes.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters