14 dae gelede
Besighede sit hand by om cops te help
SAPS flag
Plaaslike besighede in Lusikisiki het met skenkings gehelp.  ~ SAPS

SKENKINGS word ingesamel vir 17 polisielede van Lusikisiki wat onlangs alles in ’n brand by hul barracks verloor het.

Verskeie plaaslike ondernemings het uitgereik met skenkings wat wissel van komberse, kos, elektriese toestelle, meubels en klere.

Weziwe Tikana-Gxotiwe, LUR vir vervoer, het onlangs gesê die brand op 15 Julie is vermoedelik deur loadshedding veroorsaak.

Volgens haar is ’n groot ontploffing gehoor onmiddellik nadat die krag weer na 'n kragonderbreking aangeskakel is.

Niemand is in die voorval beseer omdat meeste polisielede by die werk óf van diens af was.

Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris, het Vrydag aangekondig dat die enkelkwartiere vervang sal word met moderne barracks wat binnekort gebou sal word.

Andisiwe Kumbaca van die polisie se junior bestuurskomitee (JMC) sê die reaksie op die pleidooi vir skenkings is buitengewoon.

Mbali Xhobisa, van die JMC wat die veldtog vir skenkings gelei het, sê meer ondernemings het ingestem om in die komende dae skenkings te maak.

Maj. Genl. Andre Swart, adjunk-provinsiale polisiekommissaris, sê: “Die pyn wat Covid-19 veroorsaak het, is vererger deur die voorval wat ons beamptes sonder slaapplek gelaat het."


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters