10 dae gelede
Berges uitgewys in ID-parade
GETUIG: ’n COP GETUIG OOR ’n FOTO ID-PARADE. Foto: VERSKAF / TER ILLUSTRASIE  ~ 

’N VORIGE staatsgetuie het Bradley Berges, alias Pokkel, in ’n foto-ID-parade aan die polisie uitgewys.

Konst. Alton Uithaler het getuig die ondersoekbeampte in die saak het hom op 28 November 2017 gevra om ’n foto ID-parade te doen by een van die getuies se huis in Schauderville.

Volgens Uithaler het die ondersoekbeampte ’n A4-blad met nege foto’s daarop aan hom oorhandig.

Uithaler het gesê toe hy die middag die getuie se huis aandoen, het hy aan die getuie gesê hy is nie verplig om enigeen uit te wys nie.

Hy sê hy het ook aan die getuie gesê hy (Uithaler) het nie insae in die saak nie.

Volgens Uithaler het die getuie die persoon in foto nommer 5 uitgewys as die persoon wat op die dag van die funeral by hulle huis geskiet het.

Uithaler sê die getuie het gesê die persoon in foto nommer 5 is Pokkel.

Volgens Uithaler het die getuie aan hom gesê Pokkel woon in die Glendenning flats en is ’n lid van die Spotbouer-bende.

Seëlsak

Uithaler sê hy het toe die getuie gevra om sy handtekening, datum en tyd langs die foto te sit.

Volgens Uithaler het hy die betrokke foto – in die teenwoordigheid van die getuie – in ’n ander seëlsak gesit.

Uithaler sê hy het dié betrokke sak hierna vir die ondersoekbeampte in die saak gegee.

Uithaler het in kruis­ondervraging gesê die ondersoekbeampte het hom nie meegedeel hoekom die foto-ID-parade nodig is nie.

Volgens Uithaler was hy (Uithaler) glad nie betrokke by die samestelling van die foto’s nie.

Uithaler sê nadat die getuie die uitwysing gemaak het, het hy nie opvolgvrae aan hom gevra nie.

Niemand

Volgens Uithaler het die getuie verduidelik wat Pokkel op die dag van die voorval gedoen het.

Uithaler sê niemand anders behalwe hy en die getuie was in die vertrek waar die parade gehou was nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters