11 maande gelede
Bende maai man in sy huis af
kol. priscilla naiduFoto: verskaf  ~ 

DIE provinsiale bendetaakspan ondersoek ’n moordsaak nadat ’n 22-jarige man die naweek in sy ouerhuis in die Baaise Northerns doodgeskiet is.

Die oorledene was Lorrygan Williams van Strelitziastraat.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê Saterdag omstreeks 05:30 het Williams en sy pa buite hulle huis gestaan. Die huis het nie ’n heining of boundary wall nie.

Volgens Naidu het vier onbekende mans skielik tussen die huise appear en die pa en seun genader.

Hulle voorkoms en die way waarop hulle gemove het, het glo verdag gelyk.

Naidu sê die pa het toe sy seun gewaarsku dat iets aan die broei is.

Die pa het nader aan die huis begin beweeg, terwyl die seun by die huis in is.

Die mans het die seun tot in die huis agtervolg en verskeie skote op hom afgevuur.

Hulle het ná die skietvoorval uit die huis gehardloop en te voet tussen die huise verdwyn.

Gangsters

Volgens Naidu is die pa toe by die huis in. Hy het sy seun op die vloer aangetref met verskeie skietwonde.

Naidu sê die jong man het geen verbintenis met gangsters ­gehad nie.

  • In nog ’n voorval is ’n 32-jarige man dood in ’n messteekvoorval in die Fairview- informele nedersetting in die Baai.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, ’n polisiewoordvoerder, sê Saterdag omstreeks 22:00 het die verdagte en sy girlfriend in sy shack gelê en slaap.

Iemand het die shack se deur skielik afgetrap en bo-op die bed gespring waar die verdagte en sy girlfriend gelê het.

Volgens Janse van Rensburg het die verdagte ’n skerp voorwerp gegryp en Mabhiti Nckali (die “inbreker”) drie keer in die bors gesteek.

Kort ná die voorval het die vermeende steker sy broer gaan vertel wat gebeur het.

Die verdagte is toe in hegtenis geneem nadat die broer die polisie ontbied het.

’n Moorddossier is aangelê.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters