Verlede maand
Beloning vir info ná moord op swanger vrou
Matthew Turner en sy vrou, Karen.  ~ Facebook/Karen Turner

DIT is meer as twee jaar na die moord op ’n swanger vrou in die Hluleka-natuurreservaat aan die Wildekus en niemand is nog gearresteer nie.

Die polisie het nou ’n beloning van R100 000 aangebied vir inligting wat tot ’n deurbraak en vervolging in die saak kan lei.

Die 33-jarige Karen Turner, wat twee maande swanger was, was saam met haar man Matthew en hul tweejarige seun op die vakansieoord toe twee aanvallers na bewering hul chalet binnegekom het. 

Die gesin van Kwazulu-Natal was gedurende September 2019 met vakansie.

Karen het verskeie steekwonde opgedoen en is op die toneel dood. Haar man is in die maag gesteek is en na die hospitaal in Mthatha geneem vir 'n operasie.

Die man het na die operasie aan familielede gesê dat hy twee indringers in die kamer gesien het.

Die couple se seun wat saam met hulle in die chalet was, was ongedeerd.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê die ondersoekspan het bewyse versamel en verklarings van alle getuies geneem oor die gebeure wat die nag plaasgevind het, maar pogings om die verdagtes op te spoor, het geen positiewe resultate opgelewer nie.  Daarom word die beloning aangebied, sê Naidu. – AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters