Verlede maand
Bejaarde vrou brand dood
n Bejaarde vrou is oorlede nadat b brand haar hok
'n Bejaarde vrou van die Baai het Saterdag doodgebrand.  ~ Foto Verskaf

'N BEJAARDE vrou van Bethelsdorp het Saterdag in Riemvasmaak buite Port Elizabeth doodgebrand.

Kol. Priscilla Naidu, 'n polisiewoordvoerder, sê die bewering is dat Nontozanele Margaret Mpongoshe (65) en haar 62-jarige man omstreeks 19:00 gaan slaap het.

Hulle het om 21:15 wakker geword met hul huis reeds aan die brand.

Volgens Naidu kon die man dit regkry om deur 'n klein venster te ontsnap, maar die vrou was binne vasgekeer.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend en vorm deel van die polisie se ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters